Ontbeende lamsboud

Gemarineerde ontbeende lamsboud

Dit is meer doeltreffend om ontbeende, oopgevlekte lamsboud te marineer, dit word gouer gaar en dit is makliker om dit op te sny as waneer dit aan die been is. Dit is die aangewese metode met vleis vir ‘n spesiale geleentheid of n buitelugete.

lamb41 lamsboud ontbeen en oopgevlek. (Meyer’s Ranch ontbeen ook n boud op aanvraag)

Marinade

250ml olyfolie

125ml suurlemoensap.

2 knoffelhuisies gepers.

10 ml droe Roosmaryn of 50 ml vars Roosmaryn.

5ml droe origanum of salie

5 ml braaigeurspeserye.

Geurmiddels.

Sout, paprika, swart gemaalde swartpeper.

Vir opdiening (opsioneel)

125g botter effens saggemaak

15 ml fyn gedrukte groen peperkorrels

1. Plaas die vleis in ‘n glasbak van ‘n geskikte grootte. Meng die olie, suurlemoensap, knoffel, kruie en geurmiddels en giet dit oor die vleis.Marineer dit vir 2 tot 3 dae en draai dit af en toe om. Bedek en verseel die bak met kleefplastiek sodat die geure nie versprei deur yskas.

2. Haal die vleis omtrent 30 min voor gaarmaaktyd uit die yskas. Gooi die vloeistof af en strooi paprika sout en swartpeper oor.

3. Om buite gaar te maak, plaas oor matige kole en braai 15 – 20 min aan albei kante. Of in ‘n braaiketel vir 30 tot 40 min of totdat dit na smaak gaar is, maar die binnekant moet nog effens pienk wees. Binneshuis kan dit vir 30 min teen 200*C in die die oond gebraai word. Sny die vleis in dun skywe.

4. Meng intussen die botter en die fyngedrukte groenpeperkorrels en vorm ‘n rolletjie met behulp van waspapier of kleefplastiek. Verkoel tot ferm en sny in skyfies. Sit saam met die vleis voor.

DAAR IS MIN DINGE IN DIE LEWE SO LEKKER SOOS N STUKKIE SAGTE LAMSVLEIS GEROOSTER…