Lamskenkel

lambstewAs jy lekker groot lamskenkels kry, lyk dit soos ‘n mini lamsboud. Lank en stadig gekook en met n lekker sous is dit ideal vir onthaal.

(4-6 porsies)

  •  4 lamskenkels van sowat 600g elk
  • 100g meel
  • 100ml olyfolie
  • 1 blik gekapte tamaties.
  • 1 Rooi soetrissie in groot stukke gesny.
  • 2 wortels in groot stukke gesny.
  • 2 takke seldery in groot stukke gesny.
  • 1 ui in kwarte gesny.
  • 3 knoffelhuisies
  • 500 ml rooiwyn
  • 2 lourierblare
  • 3 vars takkies origanum
  • 500 ml groente aftreksel
  • Sout en swart gemaalde peper na smaak

So maak mens:

Verhit jou oond tot 160 grade C. Plaas tamaties, soetrissie, wortels, seldery, ui en knoffel in voedselverwerker en kap baie fyn. Rol die lamskenkel in die meel en skud die oortollige meel af. Verhit die olyfolie in n groot kastrol en braai die skenkels tot mooi bruin. Voeg die fyngekapte groente, rooiwyn, lourierblare, origanum en aftreksel by die skenkels. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en maak toe met n deksel. Kook vir minstens 3 – 4 ure tot die vleis feitlik van die bene afval. Jy kan ook die deksel van die kastrol afhaal vir die laaste uur as die sous te veel is.

Eenvoudig wow! Dit is maklik om te maak , maar gaste sal dink jy was heeldag voor die kospotte.