Lamskenkel

Lamskenkel met ‘n verrassing.

skenkel2Die vars smaak van tamatie en rooi ui is heerlik saam met die geroosterde skenkels.

4 porsies

  • 15 ml olyfolie
  • 4 Meyers Ranch lamskenkels
  • 1 ui gekap.
  • 2 knoffelhuisies gekneus.
  • 125 ml rooiwyn
  • 30 ml tamatiepasta
  • Gekapte vars roosmaryn
  • 1 lourierblaar
  • 2 tamaties ( skil afgetrek en in blokkies gesny)
  • 6 ansjovisfilette gekap

1.Voorverhit die oond tot 180 . Verhit die olie in n swaarboom- en dieselfde kastrol tot goudbruin en sag, voeg die knoffel by. Roerbraai vir nog n minuut.

2. Voeg die wyn, tamatiepasta, roosmaryn, lourierblaar, tamaties en ansjovis by en bring tot kookpunt. Plaas die skenkels terug in die kastrol, sit die deksel op en rooster dit in die oond vir sowat 2 uur totdat die vleis lekker sag is.

3.  Haal die kasserol uit die oond, skep die skenkels uit en hou dit warm eenkant. Kook die sous af totdat dit dik genoeg is na jou smaak en skep die sous oor die skenkels.

Sit voor saam met rys, groen groente, soet wortels en n vars slaai.

“ Die geur van van ‘n tamatoe is enig.  Dit is rou en mik na grond met ‘n botoon van eerlikheid – is of ‘n tamatie my wese verbeeld in geur.  As jy hom pluk, kom le sy reuk lepel in jou hand “ Niel Stemmet