Lamsosaties

Smeltsagte, watertant geurige happies op n stokkie  is die siel van enige braai.lamsosatie-1

1 groot Lamsboud, ontbeen, reggesny in blokkies.

125 g gedroogde appelkose

Skaapvet  of repe spekvleis.

MARINADE:

  •  2 groot uie geskil e in kwarte gesny
  • 125 ml wit asyn
  • 375 ml droe rooiwyn
  • 12 suurlemoenblare gekneus vir geur
  • 15 ml bruinsuiker.
  • 45 ml kerriepoeier.
  • 30 ml gemaalde koljander.
  • 10 ml sout
  • 5 ml gemaalde wonderpeper
  • 2 ml gemaalde kaneel
  • 2 ml gemaalde komyn
  • 1 ml gemaalde cardamom
  • Gemaalde swartpeper.

So maak mens:

Kombineer die marinade-bestanddele in n middelgroot kastrol, bedek en laat 5 min prut. Laat afkoel en giet oor die blokkies vleis. Meng deeglik aan. (gebruik n skottel van emalje, glas of vlekvrye staal). Bedek en marineer vir 3-5 dae in koelkas. Keer elke dag die vleis 1-2 keer om.

Voor die soaties ingeryg word, sit die appelkose in ‘n klein bakkie, giet kokende water oor en laat n uur of wat uitswel.

Sny die skaapvet in dun repies, ryg saam met vleisblokkies, appelkose en stukkies ui (uit die marinade) op die stokkies in.. Laat die sosaties tot braaityd in die marinade le.

Braai oor warm kole (15-20 min) en bedruip met die oorblywende marinade. Die blokkies lamvleis moet nog pienk en sappig wees in die middel.

WENKE

  •  Vir n egte sosatie-geur is n lang marineer tydperk noodsaaklik.
  • Oorgaar braai ruineer sosaties.
  • Die stukkies vet langs die vleisblokkies verleen die nodige sappigeid aan die vleis. Vet afgesny van skaapniertjies is die beste .

WAT N GELIEFDE TRADISIONELE GEREG!!!