Lamsboud treffer.

lamb6Meyer’s Ranch se lamsboud treffer

1 lamboud

5 knoffelhuisies in repe gesny.

6,5 ml tiemie (droog)

500 ml karringmelk

12,5 ml mielieblom (aangemaak met 1 geklitsde eier)

Sout en vars gemaalde swart peper

Steek gaatjies met ‘n skerppunt mes in die boud en druk ‘n knoffelreep in elke gaatjie.

Meng die res van die bestanddele, buiten die sout en peper in ‘n groot mengbak. Verhit tot die mengsel verdik.

Laat goed afkoel.

Plaas die lamsboud in afgekoelde mengsel en laat 12 uur in die yskas staan

Voorverhit die oond tot 160*C.

Verwyder die boud uit die mengsel, geur goed met sout en peper en plaas bo-op ‘n draadrakkie in ‘n groot oondbak.

Bak 25 min lank per 500g plus 20 min ekstra.

Bedruip gereeld met die karringmelk-marinade.

Sny in skywe en dien op.