Skaapstertpot

potjie1 kg Skaapstertjies

2 ui in ringe gesny

3 Knoffelhuisies

4 kruienaeltjies

Knippie neutnuskaat

Sout en vars gemaalde swart peper

500ml  warm vleisekstrak

500g groen boontjies

500 g babawortels

Koljander na smaak. (baie min)

Baba  aartappels

1 Brandrissie opgekap

5 gekneusde suurlemoenblare

So maak mens:

  •  Braai die skaapstertjies lekker bruin saam met die uie en die knoffel en neutmuskaat
  • Voeg koljander, kruienaaltjies, suurlemoenblare sout en peper by, bedek met vleisaftreksel en laat prut stadig tot dit sag word.
  • Voeg die boontjies, geelwortels, aartappels en brandrissie by en laat prut tot alles gaar en sag is.
  • Roer potjie versigtig om.
  •  Bedien met rys of stampmielies.

NUTTIGE WENKE

Met Potjiekos hoef resepte en reels nie slaafs nagevolg te word nie. Dit is slegs riglyne

Die verbeeldingryke gebruik van bestanddele speel ‘n belangrike rol.

Gebruik vrylik wat in die huis beskikbaar is.

Die belangrikste is dat die geur en smaak van die hoofbestanddeel altyd oorheersend moet wees.

Die ander bestanddele is bloot daar om die geur te verbeter